Friday, June 14, 2013

Die Wind in die Wilgers

Oorspronklik "The Wind in the Willows" deur Kenneth Grahame
Vertaal deur Andre P Brink

Voorblad van een van die Engelse weergawes 

Die boek is 'n puik vertaling van die klassieke verhaal wat handel oor Mol wat die wêreld bokant die grond wou beleef.  So raak hy bevriend met Waterrot en gaan bly by hom op die rivieroewer.  Saam beleef hulle avonture en ontmoet Mol vir Rot se ander vriende, Ratel en ook die voortvarende Padda.  Padda wat mal is oor reis maar veral spoed en bekom eers 'n sigeunerkaravaan, later verskeie voertuie en begeer verlangend 'n vliegtuig aan die einde van die boek.

Hierdie verhaal beeld die natuur op 'n prettige manier uit.

Sunday, April 10, 2011

Die doel van hierdie blog


Boeke lees maak seker die grootste deel van ons tuisonderrig uit.  Gelukkig is dit die deel waarvan my twee seuns die meeste hou.  Ek lees meestal in Afrikaans en vertaal dan ook Engelse boeke soos ons lees.

Om boeke te soek en uit te kies kan nogal 'n taai tameletjie wees.  Op hierdie stadium kies ek die meeste boeke aangesien my kinders nou 7 en 3 jaar oud is.  Maar hoe kies ek die regte boeke, en waarna moet ek soek.

Boeke lyste is wel beskikbaar maar sê baie keer nie genoeg oor 'n boek nie.  Boeke resensies, veral van boeke wat lank gelede uitgelede is, lyk my maar skraps.

Hierdie blog is dus om boekresensies beskikbaar te stel aan almal wat graag goeie boeke wil soek.  Maar ek wil dit nie alleen doen nie.  Daarom is almal vry om aan my resensies te stuur van boeke wat hulle interessant gevind het.

Ek stel net 'n paar riglyne en reëls:

Ons is christene en sal alle boeke uit daardie perspektief benader.
  • Die blog is vir Afrikaanse boeke maar indien julle dit vertaal soos julle lees kan dit ook hier geplaas word.
  • Sê waar die boek gekry is, bv: eie boekrak, biblioteek, aangekoop as nuwe/tweedehandse boek, of soos jy goed dink
  • Hierdie is nie formele resensies nie, en almal word genooi om in hulle eie styl te skryf.
  • Sê asseblief vir watter ouderdomme die boeke gelees is en of die kind/ers daarvan gehou het.
  • Sê of jy dele uitgelaat het en hoekom
  • Indien julle die boek nie klaar gelees het nie, sê waarom het julle besluit om nie voort te gaan om die boek klaar te lees nie.
  • Hou dit kort,
  • en stuur 'n foto van die boek, "compressed" na "web page" of so 40kb maksimum.
Ek sal dit baie waardeer as julle sal deelneem en ook andere vertel.  Laat ook  weet of julle die blog sal kan gebruik en maak voorstelle.

Dankie